
Potchefstroom Animal Welfare Society (PAWS) het op Woensdag, 10 November hulle “Adopt Your Boss” fondsinsameling gehou waar besighede in Potchefstroom aan deelgeneem het.
Foto’s: Wouter Pienaar
Elke besigheid het ‘n eienaar/bestuurder genomineer om tyd in een van die hokke by Paws te spandeer. Die besigheid moes dan self ‘n fooi betaal om hulle base “aan te neem.”
Daar was baie pret en humor op die dag en ‘n mens kon sien dat besighede in Potchefstroom ‘n groot hart vir diere het.
“Ons wil vir elkeen vreeslik dankie sê vir die deelname en vir die tyd wat julle opgeoffer het (party sonder keuse),” noem PAWS op hulle Facebookblad.
PAWS se dankie aan die volgende besighede vir hulle betrokkenheid:
* Mike’s Kitchen
* Fuller Civil
* EntruTech
* Gas World
* ASAMBO
* VeriCred
* NWUSports Village
* NWU Finansies
* Century21
* CB Security
* JJW Loodgieters
* Flotek
* Chubby Chick
* WC Paneelkloppers
* Charlies Breakdown Services
* ML Fick Laerskool
* Trompie
* Always on Trend
* Luiperds Rugby
* Nova Life
* Lions Club
* Tip Top Kennels
* BKD AUDITORS
* Theo Eiendomme
* Potchefstroom Herald
* Johnny Snowball
* Faces Food Catering
* Mid Way Bus Services

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



















