CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Noodkragonderbreking Sondag in Potchefstroom

Groot dele van Potchefstroom sal Sondag, 14 November van 8:00 tot 16:00 sonder krag wees as gevolg van noodherstelwerk aan die kragnetwerk.

Groot dele van Potchefstroom sal Sondag, 14 November van 8:00 tot 16:00 sonder krag wees as gevolg van noodherstelwerk aan die kragnetwerk.

Tegniese dienste van die JB Marks munisipaliteit het bevestig dat Eskom beplan om aan onwettige kragverbindings en ernstige olielekke wat by transformators voorkom, te werk.

Die areas wat Sondag sonder krag sal wees is:

  • Ikageng en uitbreidings
  • Mohadin
  • Promosa
  • Bailliepark
  • Grimbeeckpark
  • Van der Hoff Park
  • Vyfhoek
  • Mooivallei
  • Sanitas
  • Bult
  • Tuscany ridge
  • Waterberry
  • Mooivalleipark

Inwoners word versoek om alle elektriese toestelle gedurende hierdie tydperk af te skakel aangesien die krag enige tyd tussen 8:00 – 16:00 weer aangeskakel kan word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button