CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Potchefstroom Erfenis vier oudste dorpshuis tydens jaareindfunksie

Heritage Potchefstroom Erfenis (HPE) het die jaar op ‘n hoogtepunt afgesluit met ‘n erkenningsgeleentheid. Tydens dié gesellige geleentheid is die bewaring van die oudste onveranderde dorpshuis in Potchefstroom gevier.

Heritage Potchefstroom Erfenis (HPE) het die jaar op ‘n hoogtepunt afgesluit met ‘n erkenningsgeleentheid. Tydens dié gesellige geleentheid is die bewaring van die oudste onveranderde dorpshuis in Potchefstroom gevier.

Die aand se verrigtinge het ook ‘n lesing van HPE se voorsitter, Johan Wofaardt, ingesluit waarin hy die Pioniers- en vroeg Republikeinse boukuns (1838-1871) in die Potchefstroom-omgewing bespreek het. Johan Mostert het ‘n sertifikaat ontvang vir sy poging om die oudste onveranderde dorpshuis in Potchefstroom, Mareestraat 75, te restoureer en te bewaar. Volgens Wolfaardt is die woning in twee fases gebou. “Die agterste deel was ‘n platdak kerkhuis van Bart Pretorius, Andries Pretorius se broer. In 1853 het Adriaan Bekker die erf en huis gekoop en ‘n voorste gedeelte met geuwels gebou. Al veranderings wat ooit aangebring was, was ‘n badkamer wat omstreeks 1979 verwyder is en met die hulp van Stigting Simon van der Stel gerestoureer is,” sê Wolfaardt.

Die oudste onveranderde dorpshuis in Potchefstroom:. Foto: Verskaf

Mostert is die huidige eienaar wat die huis volgens Wolfaardt “noukeurig en simpatiek” gerestoureer het. Hy beplan om dit in die toekoms as ‘n gastehuis te bestuur.

Lede van ander organisasies is ook na die aand se verrigtinge uitgenooi. Wolfaardt het hulle ook vir hulle belangstelling bedank en gesê dat organisasies binne Potchefstroom mekaar moet bystaan om die erfenis te help bewaar.  

Lede van ander organisasies wat die vergadering bygewoon het. Agter: Johan Mostert, Johan Wolfaardt, Johnny Ford (Voorsitter Rotary Potchefstroom Mooi). Voor: DA-raadslede Merna Meyer, Bertus le Roux en Johni Steenkamp. Foto: Verskaf

Vir verdere navrae of om as lid by HPE aan te sluit, skakel gerus vir Johan Wolfaardt by 072 345 1154.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button