Sies vir jou, dief!
Johan Smit skryf 'n brief oor sy buurvrou wie se motorfiets gesteel is en vra of enige iemand dalk kan help.
Johan Smit skryf
Vir die persoon wat Maandag twee weke gelede in die vroeë oggendure Tannie Anna van der Merwe se bromponie gesteel het, wil ek graag sê sy is 60 jaar oud en het onlangs haar man aan die dood afgestaan. Haar motorfiets was haar kosbaarste besitting en dis al vervoer wat sy gehad het om by die werk en terug te kom.
Jy het haar nou op haar voete gehelp, want sy stap nou elke dag 8 km werk toe en terug. Sy het nie veel nie, maar werk hard vir dit wat sy wel het en sal verseker nie weer ‘n bromponie kan bekostig nie. Sies vir jou, man!!! Jy het van ‘n weduwee gesteel!
Ek doen ‘n beroep op enige iemand wat nie meer hul bromponie gebruik nie en dit kan skenk of teen ‘n billike prys wil verkoop om my asseblief te kontak. Ek wil graag my buurvrou help. Donasies sal ook waardeer word. Skakel my by 063 474 1761.




