NewsNews

NWU klop Tukkies in Dink of Sink debatkompetisie

Die tema het gehandel oor of die land ’n nuwe Grondwet benodig, of nie.

In ’n opwindende woordestryd het die debatspan van die Noordwes-Universiteit (NWU) Vrydagaand (26 November) die span van die Universiteit van Pretoria (UP) naelskraaps gewen in die finale rondte van AfriForum se Dink of Sink- onvoorbereide debatskompetisie vir universiteitstudente. Die tema het gehandel oor of die land ’n nuwe Grondwet benodig, of nie.

Die NWU span wat die Dink of Sink debatkompetisie gewen het. Van links na regs is Jack Coetzer, Louis Boshoff, Reuben Coetzer en Rian Retief.

Die NWU se span het bestaan uit Louis Boshoff, Reuben Coetzer, Rian Retief en Jack Coetzer. Die lede van UP se span was MP Fourie, Brigitte Geyer, Cara van der Westhuizen en NJ Nel. Boshoff is as die beste spreker aangewys.

Volgens Alana Bailey, AfriForum se hoof van Kultuursake, vind die kompetisie normaalweg in die eerste helfte van die jaar plaas. Vanjaar is dit kreatief hanteer deur die spanne weekliks aanlyn teen mekaar te laat meeding.

Daar is beplan om die twee finalisspanne in persoon teen mekaar te laat debatteer om die wenner te bepaal. Weens uitdagings met die deelnemers, aanbieders en beoordelaars se skedules, was dit nou eers moontlik om die eindstryd aan te bied.

Die trofees

“Dit was ’n voorreg om hierdie debat te beleef en te sien hoe flink die spanne met hulle woorde is. Ons wens hulle van harte geluk met hulle prestasie en sien uit daarna om hulle in die toekoms weer by debatskompetisies te verwelkom. Hulle het met vanjaar se eindstryd ’n standaard daar gestel wat moeilik getroef sal kan word,” voeg Bailey by.

“Dit is bemoedigend om te sien hoe debat van krag tot krag gaan, ten spyte van die uitdagende omstandighede van die afgelope twee jaar. Hierdie dinamiese debat het bewys dat die debat so gesond en mededingend soos altyd is en berei ’n uitnemende generasie van jong leiers vir ons land se toekoms voor,” sê Daniël Eloff, hoofbeoordelaar van die kompetisie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button