CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Mooirivier Kersmark: laaste kans vir Kersinkopies

Diegene wat nog nie ‘n draai by die Mooirivier Kersmark van die Gereformeerde Kerk, Potchefstroom-Oos in Paryslaan gemaak het nie, moet gou spring want die mark eindig hierdie Saterdag  (4 Desember) om 16:00.

Diegene wat nog nie ‘n draai by die Mooirivier Kersmark van die Gereformeerde Kerk, Potchefstroom-Oos in Paryslaan gemaak het nie, moet gou spring want die mark eindig hierdie Saterdag  (4 Desember) om 16:00.

Dit word vanjaar vir die 13de keer aangebied en die uiteensetting en organisasie van die mark verloop seepglad. Daar is meer as 90 uitstallers wat kwaliteit produkte onder een dak te koop aanbied.

Hier ervaar jy vir die eerste keer dat jou Kersaankope nie ‘n foltering hoef te wees nie. Vergeet van moeë voete, min verskeidenheid en duur en impulsiewe besluite omdat jy net nie daardie spesiale Kersgeskenk kan kry nie. Hier is die keuses legio – opvoedkundige speelgoed, mansgeskenke, dekor-items, Kostuumjuwele, klere en bykomstighede en allerlei lekkernye. En wanneer jy tussendeur ‘n versterkinkie nodig het, is daar ook ‘n restaurant wat heerlike bekostigbare ligte etes, vasgebak en ietsie te drinke bedien.

Geskenkbewyse is regdeur die jaar beskikbaar en is te koop by die Gereformeerde Kerk, Potchefstroom-Oos.

Vir enige navrae, kontak Adele Delport by 108 290 7690 of stuur ‘n e-pos na kerkkantoor@oosdoppers.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button