Amerikaanse anti-vaksien kampvegter sterf aan Covid-19-verwante komplikasies
CNN het berig dat ‘n bekende Amerikaanse televisie envangelis en anti-vaksien kampvegter, Marcus Lamb (64), hierdie week dood is nadat hy Covid-19 opgedoen en gehospitaliseer is.
CNN het berig dat ‘n bekende Amerikaanse televisie envangelis en anti-vaksien kampvegter, Marcus Lamb (64), hierdie week dood is nadat hy Covid-19 opgedoen en gehospitaliseer is.
Lamb het die Christen televisiekanaal Daystar Television Network in 1997 gestig. Sy vrou, Joni Lamb, het sy dood Dinsdag op Facebook aangekondig en gesê haar man het diabetes gehad maar het ‘n gesonde leefstyl gehandhaaf. Hy is gehospitaliseer nadat hy met Covid-19 gediagnoseer was en suurstof nodig gehad het.
Sy sê hy het dit nooit bekend gemaak dat hy diabetes gehad het nie, want hy het gesond geleef – gesond geëet en sy gewig in toom gehou en het altyd sy bloedsuikervlakke op ‘n goeie vlak gehandhaaf.
Lamb was uitgesproke teen die Covid-19-entstowwe en het vroeër vanjaar op sy televisieprogram gesê die Covid-19-entstof was nie regtig ‘n entstof nie maar ‘n eksperimentele inspuiting wat gevaarlik is. Hy het beweer dat mense wat die entstof kry sal doodgaan en aan neurologiese afwykings sal ly.
Die Amerikaanse sentrums vir siektebeheer en -voorkoming het daarna ‘n verklaring uitgereik waarin hulle bevestig het dat die Covid-19-entstowwe veilig en effektief is. Hulle het ook bevestig dat mense wat nie teen Covid-19 gevaksineer is nie elf keer meer geneig is om dood te gaan en 10 keer meer geneig is om met Covid-19 gehospitaliseer te word.



