CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Lisensie-afdeling tydelik gesluit: personeel toets positief vir Covid-19

Net wanneer die munisipaliteit ‘n mediaverklaring uitreik om aan te kondig dat die lisensie-afdeling weer in volle werking is, maak die virus sy verskyning en moet die kantore weer sluit.

Net wanneer die munisipaliteit ‘n mediaverklaring uitreik om aan te kondig dat die lisensie-afdeling weer in volle werking is, maak die virus sy verskyning en moet die kantore weer sluit.

William Maphosa, woordvoerder van die J.B. Marks munisipaliteit het Dinsdag, 7 Desember aangekondig dat twee personeellede positief vir die virus getoets het en dat die bestuurderslisensie toetssentrum, voertuig toetsstasie en die registrasiekantore gesluit het om te saniteer. Die afdelings sal eers weer more Vrydag, 10 Desember oop wees vir die publiek.

Die Herald het die naweek berig dat al die masjiene by die lisensie-afdeling wat nodig is vir die uitreik van leerling en bestuurderslisensies weer herstel is. Hierdie masjiene was vir twee maande buite werking.

Daar sou hierdie week, van Dinsdag, 7 Desember tot Vrydag, 10 Desember eers aandag aan die agterstand van al die professionele lisensie-aansoeke gegee word. Herskanderings en afsprake vir mondelinge bestuurderslisensies was ook op die lys.

Volgens die mediaverklaring kan die agterstand by die lisensie-afdeling ook toegeskryf word aan die tekort aan personeel aangesien sommiges met opleiding besig is. Dié personeel sal weer almal Dinsdag, 14 Desember terug wees op kantoor.

Die publiek kan volgende week vanaf Dinsdag, 14 Desember van 8:00 – 8:30 afsprake vir leerling- en bestuurderslisensies maak. Lisensiehernuwings en afsprake vir professionele bestuurderslisensies kan van 8:00 – 12:00 gedoen word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button