NewsNews

Kamele uit skoonheidskompetisie geskop weens Botox-inspuitings

Beoordelaars besluit die wenner op grond van die vorm van die kamele se koppe, nekke, bulte, kleredrag en houdings.

Meer as 40 kamele wat aan ‘n skoonheidskompetisie vir kamele in Saoedi-Arabië deelgeneem het is gediskwalifiseer omdat hulle eienaars hul met Botox ingespuit het en ook ander kosmetiese veranderinge aangebring het.

Hierdie Koning Abdulaziz Kameelfees, wat vir ‘n maand duur, is een van die gesogste kompetisies in Saoedi-Arabië waar die prysgeld vir die beste kameel tot en met $ 66 miljoen (meer as R1 biljoen) kan beloop.

As die prysgeld so baie is, kan ‘n mens dalk verstaan hoekom sekere telers hulle kamele ‘n ekstra hupstoot sou wou gee – hulle slinkse planne is wel vroeg uitgevang toe die beoordelaars waargeneem het dat die kamele effens onnatuurlik voorkom.

Beoordelaars besluit die wenner op grond van die vorm van die kamele se koppe, nekke, bulte, kleredrag en houdings. Hierdie kompetisie vind jaarliks plaas en is deel van ‘n klomp aktiwiteite tydens die Kameelfees, waar kameelresies ook een van die aantreklikhede is in hierdie woestynagtige land.

Bron: CBS News 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button