NewsNews

Potchefstromer in die kol met luiperdfoto

"Net daarna het hy omgedraai en reguit na ons gekyk wat hierdie een-keer-in-'n-leeftyd foto vir my moontlik gemaak het."

Die bekende Potchefstromer en DA-raadslid, dr. Bertus le Roux, het die voorreg gehad om hierdie week ‘n uitstekende natuurfoto te neem toe hy ‘n luiperd in aksie betrap het in die Pilanesberg Nasionale Park.
Hierdie luiperd, genaamd Zwadi, het ‘n jakkals gevang en Le Roux was daar om die aksie perfek te vang, met die prooi in hierdie luiperd se bek.
Die indrukwekkende foto van ‘n Luiperd, Zweni, wat ‘n jakkals vang het groot aandag getrek op sosiale media. Foto: Bertus le Roux
Le Roux noem dat hy en die fotograaf, Gerrie Botha van Wigwam, Rustenburg vroeg Maandagoggend (20 Desember), net voor 08:00 gehoor het daar daar ‘n Luiperdby die Tau Link-pad (naby Kgabo) opgemerk is. Le Roux het juis aan Botha gedeel dat hy graag ‘n luiperd met sy kameralens wou vasvang.
“Ek het vooraf aan Gerrie, wie se foto’s gereeld in Beeld en Weg verskyn, genoem dat ek baie graag ‘n luiperd sou wou afneem, omdat dit al een van die Groot Vyf is wat ek nie nie mooi foto’s van kon neem nie.  Ons het die aanwysings gevolg, maar daar was reeds ‘n paar voertuie voor ons, en ons kon aanvanklik nie die luiperd sien nie,” vertel Le Roux, wat ook as besigheids en operasionale bestuurder by die NWU Centre of Health and Human Performance, verbonde is.
“Gerrie het ‘n entjie agteruitgery en ons kon toe die luiperd onder ‘n boom sien lê. Die volgende oomblik het twee jakkalse naby die luiperd verbybeweeg en net daarna (buite sig) het ons ‘n jakkals hoor skreeu.  Net daarna het die luiperd (met sy vangs in sy bek) reguit na ons toe geloop en voor ons voertuig die pad gekruis. Net daarna het hy omgedraai en reguit na ons gekyk wat hierdie een-keer-in-‘n-leeftyd foto vir my moontlik gemaak het.”
Volgens Le Roux is dit nie bekend of hy wel sy vangs opgeëet het nie.
‘n Pilanesberg Sightings WhatsApp-groep, wat ook later oor hierdie vangs gerapporteer het noem dat Zwadi blykbaar twee dae in die omgewing gebly het sonder ‘n vangs.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button