NewsNews

Aandklokreël opgehef vir oujaarsaand

Die beperking van getalle op binnenshuise byeenkomste is nou 1000 mense en buitemuurse byeenkomste is 2000. 

Die regering het gistermiddag (Donderdag, 30 Desember) die besluit geneem om aangepaste vlak-1 inperkingsregulasies van stapel te stuur met die gevolg dat die aandklokreël tot verdere kennisgewing opgehef sal word.

Die aandklokreël was voorheen volgens Vlak-1 regulasies van 00:00-04:00 van krag, maar nou kan die publiek vrylik rondbeweeg.

Sodoende kan die publiek ook na 23:00 drank koop en die beperkings op getalle mense wat byeenkomste bywoon word ook dienooreenkomstig versag.

Die beperking van getalle op binnenshuise byeenkomste is nou 1000 mense en buitemuurse byeenkomste is 2000.

Die regering maan steeds dat Covid-19 protokolle gevolg moet word en die nodige veiligheidsmaatreëls toegepas word.

Die rede vir hierdie besluit is omdat Suid-Afrika oor die kruin van die vierde Covid-19 golf is. Dit is weens die feit dat daar ‘n afname in Covid-syfers is en die opname in hospitale met Covid-gevalle aansienlik minder is.

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button