
Inwoners in die Suiddorp sit vandag (Donderdag, 6 Januarie) sonder krag weens ‘n kabelfout.
Tegnici van die J.B. Marks Munisipaliteit het so paar minute gelede die fout opgespoor en is tans besig om kabels oop te grawe om die nodige kabelverbindinge te doen.
Inwoners in die Suiddorp ervaar sedert Sondag, 2 Janaurie gedurig kragonderbrekings na die afgelope groot reënstorm. Daar is dele in die Suiddorp wat aan en af was van Sondag af, veral in Kampstraat, Kockstraat en Pretoriusstraat.
Die krag wat af is affekteer ook Potchefstroom Hospitaal en die Landboukollege.
Daar was gisteraand ook dele van Vanderhoffpark, Bailliepark en Mooivalleipark se krag wat af was, maar dit is weer herstel.



