NewsNews

Afriforum gee die groen lig vir Potch water

Na 'n besoek aan die rioolwerke in Potchefstroom die afgelope week het die AfriForum-tak in Potchefstroom vasgestel dat die gehalte van die gesuiwerde water wat uit die aanleg vrygelaat word aan al die nodige standaarde voldoen.

Na ‘n besoek aan die rioolwerke in Potchefstroom die afgelope week het die AfriForum-tak in Potchefstroom  vasgestel dat die gehalte van die gesuiwerde water wat uit die aanleg vrygelaat word aan al die nodige standaarde voldoen.

Dit volg nadat die tak vroeër die drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) van Potchefstroom getoets het as deel van die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek.

 Die tak spreek sy dank uit teenoor die personeel wat daar werksaam is vir die goeie werk wat daar gedoen word.

“Dit is lekker om by so ’n belangrike deel in die waterketting te kom en vas te stel dat die werk van hoogstaande gehalte is. Ons bedank die personeel wat dit moontlik maak,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button