NewsNews

Slaggate in Jeugdstraat wek kommer

Een van hierdie slaggate is alreeds afgesper, nadat dit lyk of die teer begin insink en daar 'n gat onder die teer vorm.

Slaggate in Jeugdstraat en op die hoek van Jeugd en Riverstraat is ‘n groot dilemma.

Een van hierdie slaggate is alreeds afgesper. Dit lyk of die teer begin insink en daar ‘n moontlike sinkgat onder die teer vorm. Dit is vanselfsprekend ‘n groot gevaar vir padverbruikers.

Hierdie slaggat op die hoek van Jeugd en Riverstraat is besig om in ‘n moontlike sinkgat te verander.
Hierdie gat is een van die gevaarlikste gate in Potch naby die hoek van Rivier-en Jeugdstraat. Foto: Wouter Pienaar

‘n Paar meter verder in Jeugdstraat is nog gate wat groot skade kan veroorsaak en met meer reën oppad is dit moontlik dat hierdie gate kan vergroot.

Nog een van vele gevaarlike gate in Jeugdstraat. Foto: Chrisna Pienaar

Hierdie slaggat is maar net een van vele in Potchefstroom wat inwoners daagliks moet vermy om erge skade te voorkom.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button