NewsNews

Gesin bedank gemeenskap vir ondersteuning na afgebrande plaashuis herbou word

"Die gemeenskap van Potchefstroom het ons wonderlik ondersteun, met donasies, hulp en belangstelling."

Hendrik en Marléne Esterhuizen skryf:

Op 19 Januarie 2021 het ons plaashuis buite Potchefstroom afgebrand. Graag wil ons ons Vader dank wat ons deurgedra het die jaar. Ons familie en vriende en mense wat ons nie ken nie.

Die gemeenskap van Potchefstroom het ons wonderlik ondersteun, met donasies, hulp en belangstelling. Ons kan niemand uitsonder nie, want ons weet nie wie almal bygedra het nie.

Baie het kom help met die opruiming toe die een deel van die huis inmekaargetuimel het.

So ook met die herstel van die krag, herbou van die huis, te veel om op te noem. Ons wil dankie sê vir die al die WhatsApp boodskappe, hulp, oproepe, kuiers, donasies en ondersteuning in die tyd. Ons wens almal ‘n geseënde 2022 toe.    

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button