Rooy Kosmark sal weer ‘n onvergeetlike ervaring hierdie Sondag wees
Op Sondag 27 Februarie sal Rooy Kosmark weer vir ‘n fantastiese dag vir feesgangers sorg. As jy lus is vir iets om te drink, te eet en om iets oulik en uniek te koop is hierdie die plek om die komende Sondag te wees. Van die trekpleisters is verseker die immergewilde Granadilla gin “on tap’ …

Op Sondag 27 Februarie sal Rooy Kosmark weer vir ‘n fantastiese dag vir feesgangers sorg.
As jy lus is vir iets om te drink, te eet en om iets oulik en uniek te koop is hierdie die plek om die komende Sondag te wees.
Van die trekpleisters is verseker die immergewilde Granadilla gin “on tap’ wat beskikbaar sal wees, terwyl die dors ook met die bekende Suncamino Floral Rum geles kan word.
Daar sal ook ‘n kattebakverkoping (car boot sale) wees waar allerhande interessanthede verkoop sal word. Vir die jongspan is daar veskillende speletjies, trap go-karts en ‘n springkasteel beskikbaar.
‘n Plaaslike kunstenaar sal ook musiek op die dag verskaf om die atmosfeer lekker lewendig te hou. Vir diegene met ‘n honger maag is daar ‘n reuse verskeidenheid om van te kies. Dit sluit in:
- Vegan Meksikaanse kosse
- Burgers
- Russian & Chips
- Verskeidenheid Jaffels
- Springrolls en samoosas
- Geurige koffie
- Traditionele pannekoek
- Biltong
- Jaffels
- Outydse lewerkoekies
- Vars koekies
- Verskeidenheid beskuite
- Tuisgemaakte souse
- Tuisgemaakte konfyte te koop
- Geurige Kerrie en rys
- Maleise Lamskerrie
- Tradisionele Skaap Afval
- Beesstert met stampmielies
- Botiek bier en wyne te koop
Vars micro herbs kan geproe word. Daar is ook ‘n groot verskeidenheid handegemaakte produkte, juwele en allerlei ander items beskikbaar wat Sterling silver juwele, verskeie baba items, bath bombs, houtmodelle & kralewerk, Speelgoed, verskeidenheid klere en interessante houtprodukte insluit.
Die Mark word vanaf 10:00 tot 15:00 aangebied en beloof iets vir elke smaak. Toegang is gratis. Alle Covid-19 regulasies sal toegepas word. Volgende mark sal eers weer 27 Maart 2022 plaasvind.
Skakel Tania by 079 9182092 vir enige navrae oor stalletjies vir dan, of per e pos : hullabaloo.decorhire@gmail.com B
esoek ook die Facebookblad “Rooy Food Market” vir meer inligting.



