‘n 8 maande oue babadogtertjie van Secunda in Mpumalanga benodig ‘n groot en duur hartoperasie om haar lewe te red.
Liané Roux is op 21 September 2021 met graad 5 sistoliese hartgeruis gediagnoseer na sy tekens van koors, moeilike asemhaling en moegheid getoon het.

Daar is ‘n week later by die Steve Biko-hospital dat sy met ‘n VSD (Ventrikulêre septale defek), DORV (Dubbele uitgang regterventrikel) en TGA (twee hoofslagare wat die hart verlaat, omgeruil is) gediagnoseer.
Haar ouers Quinton (36) en Ashley (26) benodig nou ongeveer R1 miljoen om die nodige operasie te voltooi om haar lewe te red.

Hulle het alreeds aanlyn op Back A Buddy ongeveer R177 000 ingesamel danksy donasies van die gemeenskap landswyd. Die enigste kliniek wat hulle kan help is die Maboneng Hart- en Longinstituut In Johannesburg.
Die egpaar is dankbaar vir die donasies maar kort dringend nog befondsing om seker te maak dat hulle dogtertjie die nodige mediese hulp kry om haar lewe te red.
Die gemeenskap kan die Back A Buddy-veldtog ondersteun en ook via Snapscan ‘n betaling maak.
Verder kan Liané se Facebookblad ook besoek word vir daaglikse inligting oor haar toestand en vordering.




