
‘n 81-jarige man is ligtelik aangerand toe twee inbrekers toegang tot sy huis in Kampstraat op Sondagaand, 6 Maart verkry het.
Die inbrekers het ‘n badkamervenster en diefwering uitgebreek asook die hoofslaapkamerdeur oopgebreek.
Die man was alleen by sy huis toe die voorval omstreeks 21:00 plaasgevind het. Twee verdagtes, een met ‘n mes gewapen, het geld vereis.
Die man het ‘n sny op sy neus en ligte kenusplek op sy bors opgedoen. Die huisalarm het toe afgegaan wat veroorsaak het dat die inbrekers vlug sonder dat hulle enige iets kon steel.
NW polisiewoordvoer, Col. Amanda Funani noem dat die polisie ‘n saak van poging tot huisbraak ondersoek. “Niks is gesteel nie en geen arrestasies is tot dusver gemaak nie,” het sy bevestig.




