NewsNews

Waterlek in Paryslaan herstel

Dit na volgehoue druk van die AfriForum-tak in Potchefstroom om hierdie probleem op te los.

‘n Reuse waterlek oorkant die Canal Crossing-winkelsentrum in Paryslaan is uiteindelik herstel.

Dit na volgehoue druk van die AfriForum-tak in Potchefstroom om hierdie probleem op te los.

Piet Theron, plaaslike regeringsbeampte van die tak, het inligting ontvang  oor twee sterk strome skoon water wat al vir etlike jare by ’n mangat op die winkelsentrum se perseel instroom.  

Malebone Ditlhobolo, ’n beampte van die J.B. Marks Plaaslike Munisipaliteit se Infrastruktuurafdeling, het op versoek van AfriForum die terrein op 17 Januarie besoek. Sy het aangedui dat die munisipaliteit aandag aan die probleem gaan skenk.  

Daar is aanvanklik nie aandag aan die waterlek geskenk nie, omdat die water nog al die jare in Telkom se pypnetwerk ingeloop het en gevolglik onsigbaar was. Die onlangse baie reën het egter veroorsaak dat die water sowat ’n week gelede deur die oppervlak gesyfer het by die kruising oorkant die winkelsentrum.  

Dit het AfriForum genoop om weer druk op die munisipale raad te plaas om die waterlek te herstel. ’n Kontrakteur is enkele dae later aangestel en die waterlek is op 3 Maart herstel.

“Alhoewel dit ’n uitdaging is om die verval van dienslewering in die dorp met beamptes van die munisipaliteit te bespreek, is Ditlhobolo altyd bereid om te luister en aandag aan probleme te skenk. AfriForum beskou die verval van dienslewering in ’n ernstige lig en sal daarmee volhou om samewerking met die munisipale raad na te streef,” sê Theron.  

“Die gemeenskap is baie dankbaar dat die waterlek uiteindelik herstel is, want dit is skoon water wat vermors is en daarmee saam ook baie geld. Die AfriForum-tak sal voortgaan om probleme aan die munisipaliteit en raadslede te rapporteer,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button