Donavon Moos (21) van Promosa (Aksiepark) is veilig terug by sy familie nadat hy in Randburg gisteraand (Saterdag, 19 Maart) gevind is. Moos het klaarblyklik Johannesburg toe geloop en was sedert Donderdag, 17 Maart vermis.
Na ‘n soektog van twee dae is hy in Randburg opgespoor en na die naaste polisiestasie geneem. Hy is toe vroeg vanoggend (Sondag, 20 Maart) terug by sy familie in Promosa.
Die familie bedank almal wat met die soektog gehelp het.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



