NewsNews

Die vreugde, vrede en vervulling van vrouwees gevier

‘n Groep vroue het Saterdag, 12 Maart by Kleinbosch Venue byeengekom om Vrouwees te vier. Dit was ‘n verrykende oggend met baie pret, lag, diep denke en selfs ‘n paar trane.

‘n Groep vroue het Saterdag, 12 Maart by Kleinbosch Venue byeengekom om Vrouwees te vier. Dit was ‘n verrykende oggend met baie pret, lag, diep denke en selfs ‘n paar trane.

Die gasspreker op die dag, Nadia Potgieter, het gesels oor hoe vrouens in vandag se samelewing mekaar moet ondersteun en dat ons nie konstant in kompetisie met mekaar hoef te wees nie.

Sy het gesê elkeen is uniek geskape deur die Vader en so is ons nie bedoel om soos ‘n ander mens te wil wees nie. Elke vrou moet ‘n rolmodel vir ander vroue en haar gesin wees.

Vroue het grimeerwenke van Stephan Venter en klere-stileringswenke van Nadia Potgieter gekry.

Die plaaslike sangeres, Carma van Niekerk, bekend vir haar deelname aan die Via-reeks, Sterstatus, was die seremoniemeester op die dag.

Sy het vir hope pret gesorg en het die gaste met ‘n pragtige liedjie vermaak.

Die doel van die dag was ook om aan die gemeenskap terug te gee. Elke vrou wat die dag bygewoon het, het ‘n handsak wat hul nie meer gebruik, met bederfies vir vroue in of selfs net toiletware, saamgebring.

Dit is aan Elmarie van der Merwe van die polisie geskenk wat dit dan weer aan vroue in nood besorg. Elke gas is na die geleentheid met ‘n voller hart en siel wat verkwik is, huis toe.

“Sonder ons borge sou die dag nie moontlik gewees het nie. Ons wil net baie dankie sê aan al ons borge, groot en klein.” Die dag se verrigtinge kan enduit met die volgende aanhaling opgesom word: “

Ek glo vir ‘n vrou om vreugde, vervulling en vrede te ervaar, sy twee dinge moet weet: Wie sy is, en wie sy bedoel om te wees.” (Robin McGraw).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button