
Motoriste word al ‘n geruime tyd gewaarsku oor die water wat oor die N12 naby Stilfontein op pad na Potchefstroom toe, vloei.
Daar was reeds twee ongelukke op die stuk pad sedert 9 April vanjaar. Die Klerksdorp Rekord berig dat daar ‘n waterpan langs die pad is wat oorloop. Daar is ‘n waterpyp wat lek, en die baie reën van die afgelope tyd het die situasie erger gemaak.
Teen Woensdag was daar steeds water oor die pad en motoriste is gewaarsku om hulle spoed te verminder as hule deur die water ry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



