NewsNews

Vyf dood en agt beseer in groot ongeluk op die N12

Vier mans is op die toneel dood verklaar, terwyl ‘n ander insittende aan beserings later in die hospital beswyk het.

Vyf mense is oorlede en agt beseer na drie voertuie in ‘n ernstige botsing op die N12 vanmiddag (Dinsdag, 19 April) betrokke was. Die ongeluk het ongeveer 20 kilometer buite Potchefstroom in die rigting van Fochville plaasgevind.

Volgens ER24 woordvoerder, Russel Meiring, het paramedici drie ligte voertuie op die toneel oorkant die pad opgemerk. Verskeie pasiënte het ook op die toneel buite hulle motors gelê. Vier mans is op die toneel dood verklaar, terwyl ‘n ander insittende aan beserings later in die hospital beswyk het.

“By nadere ondersoek het paramedici twee mans, een in elke voertuig wat vasgekeer is, gevind. Twee ander mans het buite die motors gelê. Niks kon vir hulle gedoen word nie, en hulle is dood verklaar,” noem Meiring.

Sewe ander insittendes in die ongeluk het ligte tot matige beserings opgedoen en is daarvoor behandel. “Die kritiek beseerde pasiënt is van gevorderde lewensondersteuning voorsien. Nadat hulle behandel is, is die pasiënte na hospitale in Potchefstroom vervoer vir verdere sorg. Ongelukkig het die kritiek beseerde pasiënt na ‘n geruime tyd aan beserings in die hospitaal beswyk,” vertel Meiring.

Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoeke, maar die rede vir die ongeluk is nog tans onbekend.

Enige ekstra inligting oor die ongeluk en besonderhede van die oorledenes kan aan wouter.pienaar@media24.com gestuur word. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button