
Die Bailliepark Gemeenskapsprojek (BPGP) het die afgelope week weer skouer aan die wiel gesit om slaggate in Bailliepark te herstel en op te vul as deel van hulle Teer -en Verfprojek.
Altus Klingenberg, bestuurslid van die BPGP, het gistermiddag saam met inwoners slaggate in Gabru, Richardson en Hattinghstrate gevul.
Die benadering wat Klingenberg volg is dat hy vrywillige bydraes wat by Kleinplaas Pype inbetaal word gebruik om slaggate reg te maak. Met hierdie bydraes koop hy dan die nodige teer om die slaggate te vul.
Foto’s: Altus Klingenberg
“Dit maak administrasie uit die BPGP-rekening net makliker. Kleinplaas Pype laat weet my soos gelde inbetaal en ek gaan voort met regmaak van slaggate. As elke lid in die gemeenskap ‘n sakkie van R79 borg met inbetaling in Kleinplaas Pype se rekening, kan ek baie in kort periodes doen,” verduidelik Klingenberg.
Klingenberg noem ook dat die herstel van slaggate lede van die gemeenskap ook noop om deel te word van die oplossing, aangesien dit ‘n goeie voorbeeld stel van wat gedoen kan word.
“In beginsel gaan dit ook oor om die klein slaggate te herstel voor hulle groter raak. Die spreekwoord ‘woorde spreek, maar dade wek’ is hier van toepassing.”
Lede van die gemeenskap kan tot hierdie BPGP-projek vrywillig bydrae deur die verwysing “Altus” te gebruik vir die herstel van slaggate.
Bank: FNB
Naam van rekeninghouer: J.J. Booyens PTY ltd t/a
Kleinplaas Pype
Rekeningnommer: 623 8731 5875
Takkode: 240 438
Verwysing: Altus










