
Hoër Volkskool Potchefstroom se junior en seniorskaakspelers het laas Vrydag, 22 April 2022 in Lichtenburg deel geneem aan die NWU-reeks in poelwedstrydverband. Dis hier waar die Volkies teen top skole deelgeneem het, onder andere Marais Viljoen. Litchenburg en Oos-Moot.
Volkies het die eerste rondte teen Oos Moot sterk begin. Oos Moot het nie ‘n seniorspan nie, dus verwerf Volkies 5 punte en die juniors wen 3-2. Die tweede rondte teen Lichtenburg wen die juniors 3,5-1,5 en die seniors verloor 1-4. Die laaste, en derde rondte teen Marais Viljoen wen die seniors wen 3-2 en die juniors verloor 1-4.
Samevattend, Volkies het die skool se naam hoog gehou tydens hierdie reeks aagesien die juniors en seniors twee van die drie spelle gewen het.







