NewsNews

Huis Eikelaan vier hulle oudste inwoners

Huis Eikelaan se bestuur het ‘n spesiale byeenkoms op Dinsdag, 26 April vir hulle oudste inwoners (almal 90 jaar oud en op) gereël om hulle ouderdomsmylpaal te vier.

Huis Eikelaan se bestuur het ‘n spesiale byeenkoms op Dinsdag, 26 April vir hulle oudste inwoners (almal 90 jaar oud en op) gereël om hulle ouderdomsmylpaal te vier.
Daar is 35 inwoners bo die ouderdom van 90 wat tans by Huis Eikelaan woon en hulle is op die dag behoorlik bederf.
Die inwoners kon lekker saam gesels en herinneringe deel, na die trekklaviermusiek van Rina Pretorius geluister en het ook voortreflike verversings ontvang.

Foto’s: Wouter Pienaar

Die verversings het kolwyntjies, melktert, en tamboesies onder andere ingesluit. Natuurlik was daar ook vars gekookte tee om die dors te les.
Elsie Kok (99) is die oudste inwoner en ongeveer ses maande ouer as die tweede oudste inwoner, mnr. Phlippie Eybers wat ook 99 jaar oud is.
Babs Giessing (98) en Carl Grobler (97) is die derde en vierde oudste onderskeidelik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button