NewsNews

Kameras vang studente vas wat stopteken in Bailliepark steel

Op die beeldmateriaal kan daar gesien word hoe die twee manne die paal uit die grond haal.

Die waarde van CCTV-kameras in Bailliepark is gisteraand (Woensdag, 4 Mei) ten toon gestel toe twee studente op beeldmateriaal vasgevang is wat ‘n stopteken op die hoek van Holtzhausen en Piet Cronjestraat gesteel het.

Op die beeldmateriaal kan daar gesien word hoe die twee manne die paal uit die grond haal. Die insident het omstreeks 19:45 plaasgevind. Mooirivier Beskerming wat die beeldmateriaal moniteer, kon dadelik reageer en die SAPD ontbied.

‘n Skermgreep van die video wat wys hoe studente die stopstraat-teken steel.

Volgens die voorsitter van die Bailliepark Gemeenskapsprojek (BPGP), Johann Venter gaan daar verdere stappe intern teen hierdie studente geneem word.

“Dit is verkeerd wat hulle gedoen het en elke aksie het gevolge. Ons by die BPGP wil vir hulle ‘n kans gee om dit reg te stel. Wat hier gebeur het is ‘n bewys dat die CCTV-kameras werk en dat ons op die uitkyk is om Bailliepark veilig te hou,” noem Venter.

Hier is die beeldmateriaal wat die Bailliepark Gemeenskapsprojek op Facebook geplaas het. Kliek hier om die video te kyk.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button