NewsNews

342 sakke rommel in Ventersdorp verwyder

Die tak vra die gemeenskap om hulle te ondersteun met brandstof (95 oktaan) vir die masjiene wat hulle gebruik.

Ventersdorp is stelselmatig besig om ‘n nuwe aadjie aan te trek danksy ‘n groot spanpoging van die AfriForum tak en vrywilligers in die dorp.

Hope rommel is die afgelope maand verwyder en nou kan sypadjies weer hulle ou self in Vootrekkerstraat lyk

Die tak het saam met vrywilligers vir die Herotel-projek in Voortrekkerstraat skoongemaak, rommel verwyder en bome gesnoei. ’n Totaal van 6,7 ton vullis – of 342 sakke – is tydens hierdie projek verwyder.

Die area in Ventersdorp voordat daar skoongemaak is.
Rommel is veryder danksy flink werk van AfriForum in Ventersdorp.

Hentie van Aswegen- en Graaffstraat is ook skoongemaak. Die tak het ook sowat 2,5 ton vullis en bourommel net alleen uit Hentie van Aswegenstraat verwyder.

 Die tak is tans besig om borde op te sit wat die gemeenskap maan om nie vullis te strooi nie. Hulle is ook in die proses om kameras op te rig wat gemoniteer sal word om die skuldiges aan die man te bring. Daar word ’n ernstige beroep op die gemeenskap gedoen om nie vullis in die dorp te strooi nie.

 Die tak vra die gemeenskap om hulle te ondersteun met brandstof (95 oktaan) vir die masjiene wat hulle gebruik. Hulle bedank ook die mense wat reeds bygedra het.

 “Dis hartseer dat die dorp in só ’n toestand is. Mens wonder wat van inwoners se integriteit geword het. Die munisipaliteit moet egter ook tot verantwoording geroep word, want verordeninge word nie toegepas nie en die vullisterrein sowel as die pad daarheen is in ’n haglike toestand. AfriForum is besig om druk op die munisipaliteit te plaas om iets aan die situasie te doen,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button