Republiekstraat in Bailliepark het die afgelope naweek broodnodige liefde en omgee ontvang toe die Bailliepark Gemeenskapsprojek (BPGP) slaggate in hierdie straat herstel het.
Twee naweke gelede is Richardson-, Gabru- en Hattinghstrate se slaggate herstel danksy hierdie Teer-en Verf-projek van die BPGP.

Volgens Altus Klingenberg, bestuurslid van die BPGP, is Republiekstraat se slaggate ongeveer 35% gevul. Dit is danksy inwoners se bydraes sowel as Kleinplaas Pype wat 50 sakke geskenk het.

“Vanaf Richardson/Republiekstraat kruising tot so ongeveer 20 meter na Republiek/Rosaltstraat kruising is ons al klaar,” noem hy.

Klingenberg noem ook dat die projek nie momentum sal bou indien inwoners en die gemeenskap help met donasies vir teer nie.
“Donasies kortwiek my op die oomblik om voort te gaan. Sonder vrywillige donasies staan uiters belangrike werk stil sover dit die regmaak van letterlik duisende slaggate in Bailliepark betref. Ek glo wel meer mense sal deur die loop van die week vrywillige donasies maak,” meen Klingenberg.

Lede van die gemeenskap kan tot hierdie BPGP-projek vrywillig bydrae deur die verwysing “Altus” te gebruik vir die herstel van slaggate.
Bank: FNB
Naam van rekeninghouer: J.J. Booyens PTY ltd t/a
Kleinplaas Pype
Rekeningnommer: 623 8731 5875
Takkode: 240 438
Verwysing: Altus




