
Eskom het vanoggend (10 Mei) aangekondig dat Fase twee beurtkrag van 17:00 – 22:00 vandag (10 Mei) ingestel sal word.
Gelukkig vir Potchefstromers, is die stad nie vir beurtkrag in daai tydgleuf geskeduleer nie.
Daar is verskeie opwekkingseenhede wat vir herstelwerk afgeskakel is en sommiges wat uitgeskop het.
Eskom het gewaarsku dat die fase van beurtkrag op kort kennisgewing verhoog kan word. Hou die Herald se webtuiste dop vir meer inligting.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



