NewsNews

Kinders en ma’s sonder huis na brand in Beyers Naudelaan

Vensters het gebars, houtvloere het groot gate in en talle items is gesmelt en in puin. Daar is ook ‘n gebrek aan elektrisiteit en warm water in hierdie huis, terwyl die agterplaas vol rommel en gemors ook lê.

‘n Vlammehel het die inwoners van ‘n huis in Beyers Naudelaan 153 gisteraand (Woensdag, 11 Mei) ongeveer 23:00 wakker gemaak en voor hulle weer sien was die huis in ligte laaie.

Die vuur wat gisteraand die groot skade aangerig het. Foto: Verskaf

Hierdie verskriklike brand het verwoesting gesaai en ‘n groot gedeelte van die huis en meubels laat veras.

Daar is glo ongeveer 15 mense wat op hierdie perseel in Beyers Naudelaan genaamd Westerhof woon, wat as ‘n gemeenskaplike woonarea bedryf word.  Daar is ook sewe kinders wat hier woon. Niemand is tydens die brand beseer nie. Die brandweer was spoedig op die toneel en kon die brand blus, voordat lewens in gevaar gestel is.

NG Welsyn sit ook hand by om seker te maak dat ma’s en hulle kinders spoedig ‘n dak oor hulle kop het na die brand.

Foto’s van die huis na die vlamme dit verswelg het: (Foto’s: Wouter Pienaar)

“Ons probeer tans alles om alternatiewe behuising vir beide ma’s en kinders te vind,” het Marizanne Grobbelaar, skakelbeampte van NG Welsyn genoem.

Een van die inwoners van hierdie huis, Brian Beech, noem dat hy net gegryp het wat hy kon en seker gemaak het dat hy en sy vrou, Magda, die vlamme kon vryspring.

Mr. Brian Beech, wys hoe die vuur die huis verswelg het.

“Ek het geluide gehoor en toe sien ek net vlamme. Ek het my vrou wakker gemaak en die gasbottel gegryp en dit wat naby my was. Die enigste klere wat ek oor het is dit wat aan my lyf is,” noem hy.

Met die Herald se besoek aan hierdie huis kon daar gesien word hoe die vuur alles in sy pad verswelg het. Vensters het gebars, houtvloere het groot gate in en talle items is gesmelt en in puin. Daar is ‘n gebrek aan elektrisiteit en warm water in hierdie huis, terwyl die agterplaas vol rommel en gemors ook lê.

Hester Heymans, Rina Corneelsen (vriendin van Hester), Brian Beech en Magda Beech na die brand hulle besittings in puin gelaat het.

Volgens ‘n anonieme inwoner, veroorsaak haweloses wat onwettig by Beyers Naudelaan 153 woon ook al ‘n geruime tyd onrus in die gemeenskap. Dit is weens beweerde dwelmhandel en dwelmgebruik wat al aan die polisie gerapporteer is.

NW polisiewoordvoerder, Col. Adele Myburgh, het bevestig dat die polisie op die toneel is, maar dat die oorsaak van die brand nog nie amptelik vasgestel is nie.

Related Articles

Back to top button