
Laerskool Baillie Park se Gemeenskapsentrum, kwartaal 2 se leiers, asook die inwoners van Huis Eikelaan se harte klop warm vir hulle gemeenskap.
Baillie Park het ongeveer 160 komberse ingesamel om Amelia Nasorgsentrum en ander behoeftige bejaardes snoesig en warm te maak hierdie winter.
“Namens Laerskool Baillie Park wil ons graag ons hartlike dank uitspreek teenoor al die Baillie-ouers wat kombersies gebrei, gekoop of geskenk het. Die kombersies word hoogs gewaardeer en gaan vir seker ‘n hele paar knieë warm hou hierdie winter,” noem die skool.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



