Saterdag, 7 Mei 2022 was ‘n geskiedkundige dag in Promosa toe inwoners die amptelike bekendstelling van die Promosa Sakekamer by die Promosa-stadion bygewoon het.
Van links is prof. Faz Freeks (Programdirekteur), Thabo Johnson (Hoof Uitvoerende Beampte: Sakekamer), Gareth Brown (MMC, LED J.B. Marks), Loreal Abrams (MMC Finansies: J.B. Marks) en Raadslid Rufane Makousa (J.B. Marks). Agter: Kenneth Snyders (Voorsitter, Promosa Sakekamer), Charlotte Chocolingo (Hoofdirekteur: Publieke Werke: distrik), Raadslid Glenville Fransman (J.B. Marks) en Natasja Barends (Tesourie: Sakekamer). Foto: Herbert Rademeyer
Saterdag, 7 Mei 2022 was ‘n geskiedkundige dag in Promosa toe inwoners die amptelike bekendstelling van die Promosa Sakekamer by die Promosa-stadion bygewoon het.
Die sakekamer bestaan uit groot aantal lede as ook ‘n Uitvoerende Raad.
Op die dag was daar stalletjies waarby iets van als te koop was.
Verskillende sprekers het ook die dag vir die gemeenskap interessant gehou. Lede van die J.B. Marks Munisipaliteit en uit verskeie oorde van die Noordwes provinsie was ook op die dag teenwoordig.
Die Promosa Sakekamer nooi sakelui om by die sakekamer aan te sluit.
Vir meer inligting kontak Herbert Rademeyer by 079 334 8370.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.