Volkies het vanoggend ‘n plasing op hulle Facebookblad gemaak, waarin hulle vra dat die bestuurder van ‘n voertuig die skool so gou as moontlik kontak.
Saam met die plasing is ‘n kringtelevisie beeldmateriaal wat wys hoe ‘n voertuig die hek by Volkies flenters ry. In die video, wat die tyd as 00:10, Sondagoggend aandui, kan gesien word hoe ‘n sekuriteitsbeampte die hek begin oopmaak. Voordat hy die hek kan heeltemal kan oopmaak, ry die motor die hek plat.
“Ons versoek die bestuurder van hierdie voertuig om iemand by die skoolkantoor so gou as moontlik te kontak (0182945287) i.v.m. hierdie insident vroeg Sondagoggend,” lees die inskrywing op die blad.



