
Die top perderuiters van Potchefstroom Gimnasium het onlangs weer hulle talent in verskeie kompetisies bewys.
Riani Maré, ’n graad 10-leerder, neem aan die eerste kwalifiserende rondte deel en behaal ’n eerste plek in performance riding en ’n tweede plek in working riding. Tydens die derde kwalifiserende rondte behaal sy en haar perd, Cincinnati, vier eerste plekke en drie tweede plekke.

Danielle Otto het aan die Western Mounted Games in Potchefstroom deelgeneem en behaal onderskeidelik drie eerste plekke en een tweede- en derde plek. Sy was ook die algehele wenner van vlak 3-ruiters.
![]()
Ruan du Plessis het ook aan die Western Mounted Games deelgeneem. Ruan neem twee dae deel en behaal drie eerste plekke, drie tweede plekke en twee derde plekke vir vlak 2. Hy verwerf ook ’n algehele tweede plek vir vlak 2 oor die twee dae.
![]()
Miné Papenfus het ook aan die Western Mounted Games deelgeneem en twee tweede plekke en vier derde plekke behaal. Sy skuif ook oor na vlak 2.




