NewsNews

NW Kinderkoor bied opwindende piekniekkonsert aan

Die Noordwes Kinderkoor, onder leiding van Kobus Venter, sal optree saam met talentvolle soliste van die NWU-Pukkoor.

Hoe klink ’n opwindende piekniekkonsert in die heerlike winterson by die Oudrift Riverside Lodge?
Dit is presies wat die Noordwes Kinderkoor komende Sondag, 12 Junie, gaan aanbied.

Die Noordwes Kinderkoor, onder leiding van Kobus Venter, sal optree saam met talentvolle soliste van die NWU-Pukkoor.

Die konsert begin om 12:00. Toegangskaartjies is R80 vir volwassenes en hoërskoolleerlinge en R40 vir laerskoolleerlinge. Elkeen bring sy eie piekniekmandjie en stoele.

Vir enige navrae oor die piekniekkonsert, kontak Elsje Kruger, koorbestuurder, by 078 459 8623/noordweskinderkoor@gmail.com

Die NW Kinderkoor is vanjaar 30 jaar oud en versoek alle oud koorlede om met die koorbestuurder kontak te maak vir besonderhede oor die reünie/ feesvieringe wat plaasvind op 21-23 Oktober vanjaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button