NewsNews

Rysmierbult-pad steeds versper weens betogings

Volgens NW polisiewoordvoerder, kol. Adele Myburgh, is die pad steeds toe, maar dat die betogings vreedsaam is en geen skade aan voertuie of eiendom gerapporteer is nie. 

Die Rysmierbult-pad in die rigting van Johannesburg vanuit Potchestroom is al vroeg vanoggend (Donderdag, 9 Junie) weer weens betogings versper.

Betogings het alreeds gister (8 Junie) op hierdie stuk van die pad naby ‘n informele nedersetting plaasgevind.

Volgens NW polisiewoordvoerder, kol. Adele Myburgh, is die pad steeds toe, maar dat die betogings vreedsaam is en geen skade aan voertuie of eiendom gerapporteer is nie.

“Die betogers het die pad toegemaak, maar is glad nie aggressief nie. Die pad is nog steeds tans toe,” noem Myburgh.

Die pad behoort weer oop te gaan sodra betogers die geleentheid kry om besprekings met departementele woordvoerders te hou.

Die Herald verneem dat besprekings vanoggend nog sal plaasvind.

Motoriste moet vir eers die pad vermy en alternatiewe roetes ry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button