NewsNews

Hondebyt-saak uitgestel vir moontlike mediasie

Die Herald het vroeër vanjaar berig oor twee afsonderlike hondebytvoorvalle waarin Kruger se honde glo betrokke was.

Die eienaar van twee honde wat vermoedelik sy buurvrou en ‘n professor aan die NWU gebyt het, word strafregtelik aangekla vir nalatigheid ingevolge die Wysigingswet op Diereaangeleenthede.

Mnr. Ivan Kruger, het Februarie in die Potchefstroomse Landdroshof vir die eerste keer verskyn op bogenoemde aanklagtes aangesien hy nie voorkom het dat sy diere ander mense beseer nie.

Die saak is sedertien tot 24 Junie vanjaar uitgestel vir moontlike mediasie.

Die Herald het vroeër vanjaar berig oor twee afsonderlike hondebytvoorvalle waarin Kruger se honde glo betrokke was.

Prof. Riaan Rheeder, hoogleraar van die fakulteit teologie by die NWU, is in die gesig gebyt toe hy gaan draf het. Danksy een van die inwoners in die straat, mnr. Chris Willemse, se vinnige optrede kon die honde verwyder word.  Rheeder het na hierdie voorval ‘n klag by die polisie gelê.

Chantelle Crous is in Desember 2021 gebyt toe Kruger se honde glo op haar afgestorm het en skade aan haar arm en bobeen veroorsaak het.

Crous het eers nie ‘n klag by die polisie ingedien nie, aangesien sy die honde se eienaar jammer gekry het, maar nadat sy van Prof. Rheeder se voorval gehoor het, het sy besluit om wel polisie toe te gaan om ‘n klag te lê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button