SportSport

Baie om oor na te dink na teleurstellende seisoen

"Die seisoen was 'n teleurstelling en ons moet almal, van die top bestuur tot by die spelers verantwoordelikheid vat daarvoor,"  so sê Mervyn Taylor, president van die Luiperds Rugbyunie. 

“Die seisoen was ‘n teleurstelling en ons moet almal, van die top bestuur tot by die spelers verantwoordelikheid vat daarvoor,”  so sê Mervyn Taylor, president van die Luiperds Rugbyunie.

Dit nadat die Luiperds Saterdag hulle seisoen teen die Black Lions van Georgië afgesluit het. Dié wedstryd het hulle 24 – 14 verloor. Dit was ‘n baie fisieke wedstryd teen wat in wese ‘n internasionale toetsspan is.

Een toeskouer het tydens die wedtryd opgemerk dat die manne van Georgië almal soos uitsmyters by ‘n kroeg lyk. In sommige gevalle eht hulle so gespeel ook.

Met die Luiperds se seisoen agter die rug het die Herald met Taylor gesels oor wat was.

Volgens hom kan daar nie weer so ‘n seisoen vir die Luiperds herhaal word nie.

“Ons is besig met planne en gaan almal koppe bymekaar sit om te kyk wat ons gaan verander. Want so kan dit nie weer gaan nie,” het Taylor gesê.

Die Luiperds het verlede jaar die Curriebeker eerstedivisie gewen, en was uit dieaard van die saak gunstelinge om vanjaar promosie na die Curriebeker se Premierafdeling los te speel.

Die Luiperds kon slegs drie van hulle nege wedstryde wen. Hulle het 7de op die punte leer geeïndig.

Alhoewel die seniorspan gesukkel het,  het die juniorspanne beter gevaar.

“Ons juniorsspanne, is altyd kompeterend. Die o/20s het die Vrystaat geklop en net-net teen die Leeus verloor. Al die groot unies weet as hulle Olënpark toe kom is dit nie net ‘n maklike wedstryd nie,” het Taylor gesê.

Die Luiperds se juniorspanne speel in die top afdelings van hulle onderskeie kompetisies, waar hulle teen die groot unies moet speel.

Later vanjaar is daar ook ‘n o/21 kompetisie, waar die spreekwoordelike klein Luiperds hulle staal sal kan wys.

“Die stand van sake met ons juniorspanne wys dat daar baie goeie ontwikkeling by die unie gedoen word,” het Taylor gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button