
Die noordelike gedeeltes van Potchefstroom sit vanoggend al vroeg sonder krag. Hierdie gedeeltes sluit in Ou Bailliepark, van der Hoffpark, Oewersig, Mooivalleipark en die Dam area. Hierdie kragonderbreking is nie ‘n resultaat van beurtkrag nie.
Die JB Marks Munisipaliteit is bewus van die probleem en daar word tans aan die probleem gewerk om die tegniese fout te herstel.
Verder is daar ook steeds fase-4 beurtkrag wat vanaf 08:00-10:30 en 16:00-18:30 vandag sal plaasvind.
.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.