NewsNews

Oud-Volkie oorlede in frats motorfietsongeluk

"Geen woorde kan Johantjie se heengaan beskryf nie. Ons gesin is verpletter. Rus sag ons glimlaggende engel,"

Die skielike afsterwe van een van Potchefstroom se geliefdste sportmanne, Johan Halliday (31) het groot skokgolwe in die plaaslike gemeenskap gelos.

Johan is Saterdagaand, 2 Julie, net voor middernag (23:50) oorlede toe hy met sy motorfiets teen ‘n muur in Aarbeilaan vasgery het.

Johan Halliday is Saterdag, 2 Julie in ‘n fratsongeluk oorlede.

Sy gesin en vriende is nog steeds in skok na Johan se onverwagse dood.

Volgens sy ma, Micky Bennett, ‘n bekende sakevrou in Potchefstroom, was Johan ‘n sagte en minsame seun wat altyd met ‘n glimlag gereed was om te help.

“Geen woorde kan Johantjie se heengaan beskryf nie. Ons gesin is verpletter. Rus sag ons glimlaggende engel,” het Micky gesê.

Johan en sy ma, Micky.

Johan was bekend as ‘n top sportman en atleet wat in atletiek, krieket en rugby uitgeblink het. Hy het sy laerskoolloopbaan by President Pretorius spandeer en sy matriek by Potch Volkskool in 2009 voltooi.

Na skool hety hy aan die Noordwes Universiteit gaan studeer.

Hy was ook tot en met sy afsterwe werksaam by BMW Klerksdorp se motorfietsafdeling.

Johan se roudiens vind hierdie Vrydag (8 Julie) om 10:00 by die PPK in Maherrystraat plaas.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button