
Vanoggend (Donderdag, 7 Julie) het protesoptogte uitgebreek op die N12 by Ikageng.
Verkeer na Potchefstroom en Klerksdorp was grotendeels daardeur geraak.
Volgens NW polisiewoordvoerder, kol. Amanda Funani, is polisie op die toneel om die situasie te monitor.
“Polisie het die betoging kalmeer. Die JB Marks munisipaliteit burgemeester is besig om die betogers aan te spreek.”
Die hoofrede vir hierdie betoging handel oor die gebrekkige dienslewering in die area. Inwoners sukkel al vir dae sonder water en ander basiese behoeftes.
Kol. Funani noem ook dat daar tans nie enige saak oopgemaak gaan word nie. Die situasie word voortdurend gemonitor.




