SportSport

N12 gesluit weens betoging

Die N12 was van vroeg vanoggend (7 Julie) deur betogers versper. 

Die N12 was van vroeg vanoggend (7 Julie) deur betogers versper.

Betogers het brandende bande gebruik om die pad te versper.

Op die oomblik word inkomende verkeer vanaf Klerksdorp die meeste geraak.

Dit is onduidelik waaroor die betogers ongelukkig is, maar mag dalk verband hou met die groot tekort aan water wat sedert verlede week in groot gedeeltes van Promosa, Mohadin en Ikageng heers.

Betogers het reeds Dinsdag (5 Julie) op die N12 oor die kwessie betoog. Volgens die munisipaliteit is die tekort aan water veroorsaak deur kabeldiefstal by die waterpompstasie wat water na resevoirs  in die areas moet pomp.

Die munisipaliteit het gesê dat hulle watertenkers na die geaffekteerde areas sal stuur terwyl herstelwerk aan die pompstsie gedoen word. Alhoewel inwoners het glo teen gistermiddag (6 Julie) nog vir water gewag.

Madra de Bruin, ‘n DA raadslid het in ‘n whatsapp boodskap mense gemaan om liewer alternatiewe roetes te gebruik.

Hou die Herald se webtuiste dop vir meer rondom die kwessie soos dit ontvou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button