“Beauty instead of Ashes” is die titel van Lelanie de Vry se solo-uitstalling wat verlede Woensdag by die Snowflake-gebou geopen het.
Die uitstalling bestaan uit ‘n verskeidenheid figuur- en portretstudies hoofsaaklik uit houtskool. Daar is ook groot olieverfskilderye met kenmerkende stylkwaliteite van haar voormalige kunsonderwyser en mentor, Hennie Kruger wat maklik herkenbaar is. Dit is egter haar monochroom werke met haar sensitiewe kalligrafiese lynwerke wat ‘n uniek aan haar eie styl is.
Met die titel van haar uitstalling, “Beauty instead of Ashes”, bring Lelanie hulde aan haar Skepper wat aan aan Sy kinders juis die visie en krag gee in tye van swaarkry.
Verlustig jou aan die pragtige werke wat net tot 23 Julie op uitstalling is. Besoekure is van 7:00 tot 19:00 gedurende weeksdae en Saterdae van 9:00 – 19:00. Vir navrae, skakel Martie Bothma by 082 850 1200.



