Die agteruitgang van Potchefstroom se infrastruktuur kan in verskeie dele van die dorp gesien word.
Een plaaslike inwoner, Herman Coetzer, het verlede week foto’s van verskeie areas waar infrastruktuur reggemaak of vervang moet word, geneem. Hy het dit op sosiale media geplaas, waarna die Herald hom gekontak het.
Coetzer noem dat die inspeksiedeksels by baie van die lamppale skoonveld is en dat daar dan lewendige kragdrade uithang.
“Dit is baie gevaarlik en ‘n veiligheidsrisiko. Dit maak ‘n ou so hartseer as jy sien hoe alles uitmekaar val en dat die kapasiteit nie daar is om alles reg te maak nie,” noem hy.
Verder noem hy ook dat baie lamppale stukkend is en op die grond lê, terwyl straatligte soms die hele dag aanbly.
* Die Herald het navrae aan die JB Marks Munisipaliteit oor die toestand van die infrastruktuur gerig, maar teen druktyd nog geen terugvoer ontvang nie.










