NewsNews

Geen wolhaarstorie toe polisie op 21 skape in ‘n minibustaxi afkom

Die polisie het op 21 skape afgekom en die 43-jarige minibus-insittende vir die besit van die vermoedelik gesteelde skape gearresteer.

Twee op en wakker Vryburg polisiebeamptes het vroegoggend (01:00) op Saterdag 9 Julie letterlik skape getel toe hulle ‘n verdagte minibus-taxi tussen Vryburg en Kuruman op die N14 gewaar het.

Die polisie het op 21 skape afgekom en die 43-jarige minibus-insittende vir die besit van die vermoedelik gesteelde skape gearresteer.

Daar was 21 skape in die minibustaxi gevind. Foto: NW Polisie.

“Die Vryburg K9-eenheidlede was omstreeks 01:00 besig met patrollie op die N14-pad tussen Vryburg en Kuruman toe hulle ‘n verdagte minibustaxi langs die pad gewaar het. Toe die polisie die voertuig nader het twee verdagtes  van die toneel gevlug en die 43-jarige man agterlaat. ’n Daaropvolgende soektog het gelei tot die ontdekking van 21 skape wat in die minibus gevind is. Die verdagte is in hegtenis geneem nadat hy versuim het om vir die besit rekenskap te gee,” het NW polisiewoordvoerder, Col. Amanda Funani, bevestig.

‘n Voorlopige ondersoek het getoon dat die minibus se petrol opgeraak het terwyl die verdagtes na ‘n  bestemming vanaf Kuruman in Noord-Kaap gereis het. Die bestemming is nog nie vasgestel nie. Die skape is na bewering by Tsineng-dorp gesteel. Die wettige eienaar van die skape is opgespoor danksy die tatoeëermerke op die skape.

Die verdagte sal na verwagting vandag (Maandag, 11 Julie 2022) in die Vryburg-landdroshof verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button