![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/117/2022/07/IMG_3340-780x470.jpg)
Die 2022 NWU JOOL vlotoptogte was vanoggend ‘n kreatiewe fees met studente wat hulle handewerk vir die publiek in Potchefstroom se strate gewys het.
Kleurvolle en unieke popkoppe en interessante tema’s was aan die orde van die dag met studente wat oudergewoonte blik geskud het om fondse in te samel.
Foto’s: Chrisna Pienaar
Die optog het by die Joolplaas in Hennie Binglestraat begin voordat dit na Govan Mbeki-laan beweeg het teen 09:30 vanoggend. Die vlotoptog het later as beplan (08:00) begin weens probleme met die vervoer. Daar word beplan dat die vlotoptog weer so teen 13:00 terug na die Joolplaas beweeg.
Kyk nog foto’s hier: (Foto’s: Wouter Pienaar)
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.