Local newsNewsNews
Emmies kies hul hoofleiers vir 2022
Darius Renke is as hoofseun en Mia Besseling as hoofdogter aangewys.

Daar is verlede week vir Laerskool M.L. Fick se hoofleiers vir 2022 gestem. Dit nadat die leerlingraad die afgelope ses maande tyd gehad het om te ontwikkel en in hulle pligte te groei.
Darius Renke is as hoofseun en Mia Besseling as hoofdogter aangewys. Oracion Titus is onderhoofseun en Juané Erasmus onderhoofdogter.
“Baie geluk aan hierdie leerders en hulle ouers. Julle het nou die verantwoordelikheid om Emmies na nog groter hoogtes te lei. Ons volg julle graag,” noem die skool.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!







