Local newsNewsNews

Roomys sit ‘n glimlag op Vyfhoek se gesigte

Die roomys was 'n hoogtepunt vir die Vyfhoek-leerders en personeel.

Die Noordwes Universiteit se inwoning en voedseldienste-afdeling het op Dinsdag, 30 Augustus ‘n groot glimlag op Laerskool Vyfhoek se gesigte gebring toe elke kind en personeellid heerlike roomys gekry het.

Foto’s: Verskaf

Hierdie was deel van ‘n uitreik om die NWU se omgeehart vir hierdie skool te toon, wat die afgelope twee weke die erge tragedie van die Vyfhoek ongeluk nog verwerk.

Op Donderdag, 18 Augustus, is vyf Vyfhoek leerders oorlede toe ‘n vragmotor deur die skool se heining geploeg het.

Volgens Greg Roberts, die bestuurder van Inwoning en Voedseldienste by die NWU, was die roomys ‘n hoogtepunt vir die kinders gewees.

“Ons was in die bevoorregte posisie om ‘n oormaat roomys te hĂȘ, nadat een van ons verskaffers vir die NWU se Lentedagvieringe 3000 roomyse geskenk het. Ons het toe besluit om van hierdie roomyse uit te deel by die skool. Die kinders het die ongelooflik waardeer,” noem Roberts.

Hierdie is net nog ‘n voorbeeld van hoe die gemeenskap van Potchefstroom saamstaan en hoe besighede, instansies en inwoners ‘n verskil kan maak.

Daar word ook op Dinsdag, 6 September ‘n pretaksie by die skool beplan wat die NWU se SJGD beplan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button