Local newsNewsNews

Vrae ontstaan rondom NWU se Werwing- en Keuringsbeleid

Volgens die NWU is 'n voorgestelde bepaling in 'n aangaande konsepbeleid alreeds verwyder, wat na wit mans en wit vroue sowel as buitelandse burgers as nie-aangewese kandidate verwys.

In ‘n NWU konsepbeleid wat deel vorm van ‘n aangaande wysigingsproses rondom die huidige Werwing- en Keuringsbeleid van 2019, word daar gestaaf dat wit mans en vroue deur dieselfde keuringsproses as buitelandse burgers moet gaan.

In hierdie dokument (konsepbeleid) wat aan die Herald verskaf is, word daar by klousule 4.6.7 na hierdie voorwaarde as volg verwys: “Aanstelling van ‘n nie-aangewese kandidaat (Buitelandse Burgers wat nie permanente verblyf het nie of wit mans en wit vroue moet as volg goedgekeur word.”

‘n Uittreksel uit die konsepbeleid. Volgens die NWU is daar alreeds wysigings en bepaling 4.6.7 is verwyder.

Die NWU se woordvoerder, Louis Jacobs, voer aan dat hierdie bepaling na nog verskeie wysigings alreeds in hierdie konsepbeleid verwyder is.

“Die inligting wat aan jou verskaf is, is nie die jongste weergawe van die voorgestelde wysigings nie. Alhoewel die jongste konsep nie tans verskaf kan word nie, as gevolg van die feit dat die proses steeds aan die gang is, kan daar genoem word dat verskeie wysigings by ontvangs van kommentaar aangebring is, insluitend die verwydering van die bepaling: “(Buitelanders wat nie ‘n permanente verblyfstatus het nie of wit mans en wit vroue),” stel Jacobs.

Jacobs noem ook dat die wysiging van alle beleide of die skep van nuwes by die NWU deur ‘n uitgebreide konsultasieproses gaan wat verskeie bestuursstrukture betrek.

“Eers nadat die insette van hierdie strukture ontvang is, word dit dan as ‘n konsep voorgelê aan die NWU-raad. Eers sodra die Raad tevrede is met die inhoud, sal hulle die beleid vir implementering goedkeur. Dit moet genoem word dat die doel van die konsultasieproses is om uitgebreide betrokkenheid van die verskillende strukture te verseker, en alle insette wat ontvang word, word ernstig oorweeg,” voer Jacobs verder aan.

“Die Billike Indiensnemingsplan van die universiteit en die Bilike Indiensnemingswet reguleer die aanstelling van nie-aangewese kandidate. Dit word gedoen om te verseker dat die NWU vordering maak met die bereiking van sy Bilike Indiensnemingsplan wat deur die Departement van Arbeid gemonitor word,” verduidelik Jacobs.

Die NWU se indiensnemingsbeleid 4.6.3) staaf ook dat Buitelandse Burgers aangestel mag word, as daar geen Suid-Afrikaanse burger met die nodige kritieke vaardighede na ‘n uitgebreide soektogproses, gewerf kan word nie

“Met betrekking tot 4.6.3, sluit ‘n Suid-Afrikaanse burger in hierdie klousule wel wit Suid-Afrikaanse mans en wit vroue in,” bevestig Jacobs.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button